My TN [trigeminale neuralgie] het heeltemal verdwyn. Die verloop was as volg: Die eerste dag na behandeling het die intensiteit van die aanvalle ongeveer met 50% afgeneem. Vanaf die derde dag het die aantal aanvalle per dag verminder. Na verloop van tyd was die enigste aanval in die oggend en ook net as ek vanaf my regtersy op my rug draai. Hierdie aanval het mettertyd ook verdwyn. Ek het tot so 4 dae gelede net ligte tintelings (geen pyn het daarmee gepaard gegaan nie) in my gesig gevoel as ek in ‘n “trigger” situasie gekom het. Huidiglik kry ek glad nie meer die tintelings nie. Die laaste twee weke het my slaap na normaal teruggekeer, voor dit moes ek regop sit en slaap en dit het my nogal uitgeput.
Die CES het definitief ook ‘n positiewe uitwerking. Nogmaals baie dankie die Elexoma is een van die beste dinge wat nog in my lewe gebeur het. Dit is die ergste pyn wat ek ooit in my lewe ervaar het.
PdV
Limpopo